Nuwe bestuursraad vir plaaslike rugbyklub aangewys

Barberton Rugbyklub (BRK) het onlangs ‘n nuwe bestuursraad tydens hulle jaarvergadering bekendgemaak.

Thinus Breedt bly as president aan. Jaice Terblanché wat vanjaar die span aangevoer het, is as die nuwe voorsitter verkies met Wynand Klaver as die ondervoorsitter. Quintin Fourie en Nico Prinsloo is twee addisionele lede wat tot die bestuurspan verkies is.

Die klub vier volgende jaar hulle 120ste bestaansjaar. “Volgende jaar hou groot dinge vir die klub in. Daar is reeds nuwe bouplanne opgetrek en ons sal binne die volgende twee weke begin bou,” het Terblanché gesê. Die klub speel ook volgende jaar gasheer vir die gesogte Laeveld-sewestoernooi. BRK se jaareindfunksie vind op 29 Oktober plaas.

“Dit is ‘n unieke klub met ‘n ryk tradisie en een om op trots te wees. Ons sien baie uit na die jaar wat kom en sien uit om nuwe spelers en ondersteuners by die klub te verwelkom,” vertel Terblanché. Bestuur van Barberton Rugbyklub

President – Thinus Breedt
Visepresident – Hans Meyer
Voorsitter – Jaice Terblanche
Ondervoorsitter – Wynand Klaver
Sekretaresse – Hester du Toit
Tesourier – Wimpie Koekemoer
Klubkaptein – Dieter Marneweck
Addisionele lid – Neels de Coning
Addisionele lid – Gusti Janse van Rensburg
Addisionele lid – Pieter Potgieter
Addisionele lid – Albert de Beer
Addisionele lid – Quitin Fourie
Addisionele lid – Nico Pretorius

  AUTHOR
Carli Koch

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Get your law firm out there