Fondsinsameling vir kleuters reg in die kol

Barberton Kleuterskool het Saterdag ‘n gholfdag aangebied om fondse vir verbeterings aan die skool in te samel. Van hierdie verbeterings sluit die aankope van die day-by-day-sillabus asook om die kostes vir die ekstra klas wat gebou is, te dek, sowel as ‘n watertenk en pomp wat vir die droogte aangeskaf is.

Die pretdag wat by Barberton Gholfklub gehou is, het nie soveel met wen te doen gehad as met sosiaal verkeer nie.
Met afslaan om 10:00 was daar al goed gekuier en dit het ook die toon van die dag aangegee. Die laaste speler het om 16:00 teruggekeer.

Die skool het baie dankie gesê aan al die borge asook die ouers wat gesorg het dat die potjie vir aandete gemaak word. Soos gewoonlik was die kuier na die tyd die kersie op die koek.

Pryse was soos volg:
• Algehele wenners – Rikus Nel en span
• Beste gholfgees van die dag – Rikus Nel
• Tweede plek – Francois Storm sr.,
Francois Storm jr., Johan Strumpher,
Riandré Nel
• Derde plek – Rugga Kids
• Langste dryfhou mans – Richardt Lemmer
• Naaste aan die pennetjie – Stephan van Zyl (mans) en Glenda Mendoza (vroue).

Photos: Stephen Allen

  AUTHOR
Anchen Coetzee
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Municipality appoints acting manger and CFO