Dag 13 – 10 Desember 2015 – Winburg

Die span is weer saam en die gemoedere is hoog. Perdemeester Heki, wat gewoonlik vir Groot Trok Generaal bestuur, ry saam op sy perd en sorg vir groot pret.

Selfs in die Anglo Boere-Oorlog was daar tyd vir humor! Wat verwag jy as ‘n klomp vindingryke Boere vir so lank saam is?

So word daar uit die perd Fleur van generaal De Wet se bek vertel:
“Die ‘oorlog‘ lyk vir my maar ’n bietjie vervelig. Die burgers is vir die grootste deel van die dag besig om hulle Mausergewere skoon te maak en om skyf te skiet. Die seuns, wat penkoppe genoem word, en van die ander jong manne speel vreemde speletjies. Hulle stoei en boks met oop hande en sommige is besig met ’n lawwe spel wat beesvelry genoem word. Ek kan my oë nie glo nie! Die manne sny gate aan die kante van ’n geslagte os se vel vir vashouplek. Izak sit in die middel van die vel terwyl agt ander jong mans rondom die vel gaan staan. Hulle tel die vel op, gooi hulle gewig agteruit en skiet Izak in die lug in. Met die afkomslag trek hulle die vel weer styf en skiet Izak dat hy daar trek. Hy gil van opgewondenheid: “Hoër kêrels, hoër! Ek vlieg!”
Uit – Helde met Hoewe

 

  AUTHOR
Juliette Whelpton

Latest News

COMMENTS

Top