Dag 12 – 9 Desember 2015 – Hennenman

Theunis is genoodsaak om eers later by die span aan te sluit. Om in te haal doen hy die rit solo met sy twee perde reg deur die nag. Dit is ‘n belewenis om die skoonheid van die Vrystaat te ervaar – Man alleen saam met sy getroue Arabierperde, die grys Khamir en pikswart Nashar, onder ‘n helder verligte sterrehemel.

Nashar raak onsigbaar in die donker en Khamir lyk soos ‘n spookperd. Byna soos die legendariese Fleur, die Arabierperd van generaal De Wet.

So vertel Fleur in die Helde met Hoewe boekreeks oor hul ervarings 116 jaar gelede oor die Boerekommando se rit op dieselfde pad: “Ons moet voortbeweeg, dikwels soos skimme in die nag. Ek sal daardie aande nooit vergeet nie. Die byna toweragtige skoonheid rondom my, die donker silhoeët van die koppies en die berge. Die silwer maan wat volrond saam met die duisende sterre soos lanterns skyn. Dan is daar ook ander dinge wat ek nooit sal vergeet nie – die bitter koue wind, die takke en dorings wat ons velle stukkend krap en die gevaarlike gate in die grond.”

Helde met Hoewe

  AUTHOR
Juliette Whelpton

Latest News

COMMENTS

Top